LJ Swanepoel Art | Gedig, Jou Hand, My Hand
'n Gedig in Afrikaans van 'n man in Kaapstad wat verlang na die liefde van sy lewe in Johannesburg. Hy droom om haar hand vas te hou.
poetry, poem, afrikaans, gedig, liefde, love, long, miss, ljswanepoel, karla lieneke jonker, sad, hartseer, south africa, creative writing, best friends, cape town
15467
post-template-default,single,single-post,postid-15467,single-format-standard,ajax_fade,page_not_loaded,,hide_top_bar_on_mobile_header,qode-content-sidebar-responsive,columns-4,qode-theme-ver-13.2,qode-theme-bridge,wpb-js-composer js-comp-ver-5.4.5,vc_responsive

Jou Hand Vashou

Jou Hand Vashou

Jou Hand Vashou

Jou vingers gly deur tussen myne
Ons hand palms druk teen mekaar
Stywer en stywer, amper nie einde
Jou regter, my linker, bekende paar

Jou rug teen my bors, my wang teen jou wang
Sonondergang speel af voor ons oë
Tot by ons knieë het die see ons gevang
Hierdie oomblik wil ek nooit verloor

Bruin hare, blou oë, beste vriendin
Sagte hart, mooi gesig, my gunstelling lag
Kan jou alles vertel, van woord tot sin
Jou teenwoordigheid soek ek elke dag

Soos die maan om die aarde sirkuleer
En gravitasie alles balanseer
Is my liefde vir jou soos die maan
Aan jou gekoppel met ‘n wentelbaan

Ons vriendskap, ons liefde, is dit verby?
Na al die jare waar deur ons was?
Kans om jou so vas te hou, het ek nooit gekry
Wie weet, dalk word ons op’ n dag verras

Maar my hand is oop, oop en leeg
Ek verbeel myself hoe jou hand sou voel
Hoe dit sag, stadig my hand in beweeg
Maar dis net’ n droom, weggespoel

© LJ Swanepoel – 2017
20 Mar 2017 – Strand
No Comments

Sorry, the comment form is closed at this time.

%d bloggers like this: